|
argief 1
argief 2
praagbesprekingslys op yahoogroups.com
word deel van die gesprek! sluit aan by praag se
gespreksgroep! stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com of
plaas 'n mening op ons gespreksforum
SA se kapitale investering is veels te laag
“Dis eenvoudig onlogies dat kapitale investering soos tans plaasvind
deur 'n land se inwoners dui op 'n mislukte staatsbedeling.”
Vaughn,
Inteendeel, SA se kapitale investering is veels te laag. In laasweek
se The Economist, is juis 'n artikel wat vra wat fout is in
Suid-Afrika: vaste binnelandse en buitelandse investering is
kommerwekkend laag vergeleke met ander ontwikkelende lande, ten
spyte daarvan dat die ekonomie relatief goed doen. Die artikel is
waarskynlik te bang om die ware redes hiervoor te verskaf uit vrees
vir klagtes van rassisme, en is daarom heel vaag met raaiskote
hoekom dit die geval sou wees.
Die huidige SA-opbloei is skuldgedrewe, nie deur investering nie.
Onthou dat om 'n verband uit te neem op 'n motor of 'n huis nie
investering is nie ― dis eers as jy jou eie spaargeld begin
investeer, of as buitelanders bates in jou land begin koop dat dit
investering is. Bostaande gebrek aan investering dui daarop dat
beide binnelanders en buitelanders bitter weinig vertroue het in die
Nuwe Suid-Afrika, en dis nie sonder rede nie.
Ekonomiese welvaart gebou op skuld, is 'n borrel wat gaan bars. Dis
bloot 'n kwessie van tyd. Die onvolhoubare borrel is veroorsaak deur
die kunsmatige skepping van 'n nuwe, swart middelklas van sowat 2
miljoen getransformeerdes, en die grootskaalse aflegging van blankes
om plek te maak vir hulle. SA skep nie nuwe werksgeleenthede nie,
dus is wit arbeid eenvoudig deur swart arbeid vervang.
Die nuwe swart middelklas is tot hulle oogballe in die skuld, want
dit koop links en regs huise en motors, en die blankes wat hul werk
verloor het, lewe op pakkette. Hulle het hulself dus nog nie uit die
ekonomie onttrek nie, swart RA-bevoordeeldes het bygekom, en die
middelklas het eensklaps met 50% gegroei. Dis hierdie grootskeepse
verbruikersbesteding wat die ekonomie tans aan die gang hou en
effens laat floreer (4% BBP-groei is in ieder geval nie
indrukwekkend as jy kyk hoe groei China en Indië nie), maar dis
onvolhoubaar.
Blankes se pakkette kan nie vir altyd hou nie, en al wat nodig is om
die ongetemde verbruikersbesteding te vernietig is 'n
rentekoersverhoging van so 5%, en die nuwe swart middelklas is in
Afrikaans moertoe. Dat rentekoerse moet verhoog, ly ook geen twyfel
nie.
Die ANC het kundigheid met onkunde vervang deur grootskeepse,
onnadenkende transformasie, wat beteken dat die arbeidsmag as geheel
veel minder kompetent en daarom minder produktief geraak het. Die
meeste van die getransformeerdes het in die staatsdiens plaasgevind
(ongeveer 1 miljoen), maar staatsamptenare is verbruikers eerder as
produsente van rykdom. Kyk in watter chaos is die volledig-
getransformeerde plaaslike owerhede.
As jou arbeidsmag se produktiwiteit afneem teenoor jou mededingers
s'n, en arbeid is duur soos dit in SA vergeleke met China is, gaan
invoere jou plaaslike industrieë vernietig - dit gebeur al klaar met
Chinese ware soos klere en elektronika. Die bietjie investering wat
die land invloei sal dan verdamp, kapitaal sal onttrek word, en die
Reserwebank moet rentekoerse dan verhoog.
Die perfekte ekonomiese storm is op pad.
Anton Barnard
boontoe
|